KUNS

Kuns en Mikro is sinoniem.


 

Al die graad 1 tot 7 leerders ontvang weekliks kunsonderrig by kunstenaar en skilder, Suzanne Lategan.

UITSTAANDE KUNSWERK

    

Lila Lombard in graad 7 het tydens die naweek van 4 Augustus 'n prys ontvang van ons Onderwysdistrik vir 'n uitstaande kunswerk.  Die WKOD het geleentheid gebied vir skole om kunswerke in te dien onder 'n sekere tema. Lila het besluit om die tema 'water' te kies en haar ongelooflike dankbaarheid teenoor die afgelope tyd se reën uit te beeld.    

Lila is een van 7 leerders uit die hele distrik wie se kunswerk op 15 September by die PJ Olivier Kunssentrum besigtig kan word.

 

KINDERKUNSUITSTALLING TYDENS JONGTONGFEES


 
Laerskool Mikro se driejaarlikse kinderkunsuitstalling het vanaf 24 tot 27 Oktober in ons skoolsaal plaasgevind.  Meer as 400 twee-dimensionele en 260 drie-dimensionele kunswerke van 300 leerders is uitgestal.  Dit sluit pottebakkery en skilderye in.  

Hartlik geluk aan me. Suzanne Lategan (kunsonderwyseres) en ons leerders!