ATLETIEK


  
Laerskool Mikro beleef in 2019´n baie goeie atletiekseisoen met pragtige prestasies wat by die baan- en veldnommers gelewer is.

WP ATLETE

Laerskool Mikro spog hierdie jaar met 5 W.P. Atlete, naamlik:

 

 
Danel Crafford - O/10 D gewigstoot - silwer   Carlie Meintjes - O/10 D 70mH - brons
     
 
Lana Oberholzer -  O/13 D 75mH - silwer   Lisa Terblanche -  O/13 D gewigstoot - silwer en O/13 D diskus - goud
     
   
JC Clark - O/13 S gewigstoot - goud en O/13 S diskus - goud    

Hierdie vyf atlete het die WP-span op Saterdag, 2 Maart 2019 die by die Wes-Kaap Atletiekkampioenskap te Dal Josafat-stadion, Paarl verteenwoordig.

 

INTERHUISATLETIEKBYEENKOMS 2019

 

Die atletiekprogram het 2019 as volg verloop:
    
Op Vrydag 18 Januarie 2019 en Saterdag 19 Januarie 2019 vind ons keuratletiekbyeenkoms met baan- en velditems onderskeidelik, plaas. Die eerste twee atlete (O/10 tot O/13) by elke item (baan- en velditems) het gekwalifiseer om aan die Groepbyeenkoms deel te neem.

Junior Victrix Ludorum

 

 Junior Victor Ludorum

     
   
     
Elani Theron het die Junior Victrix Ludorum beker tydens die byeenkoms verower.   Joshua Donohoe het die Junior Victor Ludorum beker tydens die byeenkoms verower.
     

Senior Victrix Ludorum

 

Senior Victor Ludorum

     
 
     
Lisa Terblanche het die Senior Victrix Ludorum beker tydens die byeenkoms verower.    Barend Geldenhuys het die Senior Victor Ludorum beker tydens die byeenkoms verower. 
     

TROFEEWENNERS

   
     
   
     
Therina de Bruin het die Stefan de Villiers Trofee ontvang vir die beste middelafstand atleet.     Lisa Terblanche het die Lombard Trofee ontvang vir die beste prestasie in baan– en velditems vir dogters.
     
 
     
Barend Geldenhuys het die De Kock Trofee ontvang vir die beste prestasie in baan– en velditems vir seuns.    Rozelle Buhr het die Marie Hurter Trofee ontvang vir die beste dogtersprestasie in spronge. 
     
   
     
JC Clark het die Rocco van Rooyen Trofee ontvang vir die beste seunsprestasie in 'n werpnommer.   Lisa Terblanche het die Ronnie de Bruyn Trofee ontvang vir die beste dogtersprestasie in 'n werpnommer.
     
   
     
Jayden Gumede het die Willie van Zyl Trofee ontvang vir die beste seunssprestasie in spronge.     

 

Die ROOISPAN het die sangtrofee verower en die BLOUSPAN het as algehele wenner uit die stryd getree.