ANDER SPORTSOORTE

WP O/13A ONDERWATERHOKKIESPAN

 

Wilmie Meintjes het vanaf 28 Februarie tot 2 Maart 2019 aan die SA Junior Nasionale Onderwaterhokkiekampioenskappe te Port Elizabeth deelgeneem as deel van die O/13A WP Onderwaterhokkiespan.  Haar span het ’n goue medalje verower.

WES-KAAP YSSKAATSSPAN

 

Emma Johnson het aan verskeie figuurskaatskompetisies deelgeneem en verskeie toekennings behaal:

Gauteng Inter-provinsiale kompetisie - behaal beste punte en kwalifiseer vir die Nasionale span wat in April gaan deelneem.

Wes-Kaap Figuurskaatskampioenskappe - goud en silwer in twee afdelings. Klubgrade kompetisie -eindig 13de en kwalifiseer weer vir Wes-Kaap kleure.