HOKKIE

HOKKIE as wintersport is ideaal vir die leerders wat aan geen ander wintersport deelneem nie.  Tog word die sportprogram ook so saamgestel dat leerders wat aan rugby/netbal deelneem, ook in die tweede en derde kwartaal kan hokkie speel.  

Seuns en dogters kan HOKKIE speel vanaf graad R – graad 7.  Weeklikse vaardigheidsoefeninge word vir gr. 1-2 aangebied.  0/9, 0/10 en 0/11 speel mini-hokkie, terwyl 0/12 mini/volveld hokkie en 0/14's volveld hokkie speel.  

Leerders wat dus vanaf Mikro na 'n hoërskool toe gaan, is toegerus met die nodige hokkievaardighede.  MIKRO-HOKKIE nooi almal uit om bykomende vaardighede te kom ontwikkel, sportmanspret te kom ervaar en bowenal nuwe vriende te kom maak.  Ouers is ook welkom om as hulpafrigters by die sport betrokke te raak.   

O/13A WP HOKKIESPAN

 

Barend Geldenhuys is gekies vir die O/13A WP Hokkiespan.  Barend gaan vanaf 2—5 Julie 2019 in Pietermaritzburg deelneem.