KRIEKET

SA O/10 Binnenshuise krieketspan

 

Luke Giles het gedurende die Maart skoolvakansie die WP verteenwoordig by die Nasionale Juniortoernooi te Port Elizabeth.  Sy span het goud verower en hy gaan tydens die September skoolvakansie aan die SA Binnenshuise kriekettoernooi deelneem.

SA O/12 Binnenshuise krieketspan

 

Ruald Coetzee gaan tydens die September skoolvakansie aan die SA Binnenshuise kriekettoernooi deelneem.

WP O/12 Binnenshuise krieketspan

 

Zian le Roux, Ruald Coetzee, Janno Jonas, Marius Coetzee en Wian van den Heever het gedurende die Maart skoolvakansie die WP verteenwoordig by die Nasionale Juniortoernooi te Port Elizabeth.  Hul span het brons verower

 

KFC MINI-KRIEKETTOERNOOI

116 Krieketspanne (O/7, O/8 en O/9 spelers) uit 24 skole het 2018 aan bogenoemde kriekettoernooi deelgeneem.  Spanne kom so ver as Vredenburg, Caledon, Hermanus en Malmesbury om deel te neem. 

Dit is ons grootste buitelugbyeenkoms van die jaar.  Baie dankie aan KFC Kuilsrivier wat die dag borg.