NETBAL

By Laerskool Mikro beoefen ons Mini-netbal van O/7 tot O/9 en Netbal van O/10 tot O/13. Ons streef na massadeelname om sodoende elke leerder die geleentheid te gee om sy volle potensiaal te bereik.  Die entoesiastiese afrigters woon gereeld afrigtingskursusse by en daarom spog ons met afrigting van hoë gehalte. 
       

´n Kombinasie van goeie afrigting en speeltalent het gelei tot die oplewering van verskeie provinsiale speelsters asook ´n Springbok-speelster nl. Benita van Zyl.  Ons gaan poog om in die jare wat kom hierop voort te bou.  Netbal is nie net harde oefening nie, maar kan ook baie pret wees.

O/11 WP NETBALSPAN

Robyn Bresler is in die O/11 WP Netbalspan opgeneem.  Die span neem vanaf 4 tot 6 Julie 2019 aan die Wes-Kaap Interdistrikstoernooi op Wellington deel.  

LAERSKOOL MIKRO ELTO TOWERS 7’S RUGBY- EN NETBALTOERNOOI, 31 AUGUSTUS 2019:

Die eerste Sewestoernooi is op 1 September 2001 aangebied.  Die toernooi behels ´n Trofee- en Plaat-kompetisie vir 0/10-, 0/11- en 0/13 -spelers.  Dit vind jaarliks na afloop van die Laerskole rugbyseisoen plaas. Die 19de agtereenvolgende 7’s Rugby- en Netbaltoernooi het op Saterdag, 31 Augustus 2019, plaasgevind.  Elto Towers het dit vanjaar geborg. 17 skole (38 netbal- en 44 rugbyspanne) het  deelgeneem aan dié spogtoernooi wat net gewilder raak.   

Laerskool Mikro se O/11A-netbalspan was die algehele wenner.  Op die foto verskyn hulle saam met hul afrigter, juf. Nericha Nortjé en mnr. Louis Mouton (skoolhoof).  Ook op die foto verskyn mnre. James Murphy en Branco du Preez (SA Nasionale 7’s-rugbyspan, die Blitzbokke) en regs is mnre. Du Preez Lubbe en Wilhelm Makkink van Elto Towers.

Laerskool Mikro se O/10A-netbalspan was die plaatwenner in hul ouderdomsgroep.  Op die foto verskyn hulle saam met hul afrigter, juf. Zanri Lourens en mnr. Louis Mouton (skoolhoof).  Ook op die foto verskyn  mnre. James Murphy en Branco du Preez (SA Nasionale 7’s-rugbyspan, die Blitzbokke) en regs is mnre. Du Preez Lubbe en Wilhelm Makkink van Elto Towers.