
Dit is ‘n voorreg om skoolhoof van Laerskool Mikro te wees. Hierdie waardegedrewe skool bied aan leerders en personeel ‘n veilige omgewing waarin hulle kan groei en ontwikkel. Ons stel in elke persoon belang en dit skep ‘n gesonde familiegevoel. Ons vier elkeen se suksesse en belê in karakterbou. Hierdie webtuiste bied vir u ‘n oorsig van Laerskool Mikro se manier van doen. Verken dit gerus!

Laerskool Mikro is ‘n skool met ‘n ryk geskiedenis, voortreflike waardes en ‘n doelgerigte toekomsplan. Onderwysers, ouers en die gemeenskap werk saam om vir leerders die heel beste te bied. Baie welkom by ons webwerf en ek laat u met ‘n aanhaling van Walter Elliott: “Perseverance is not a long race, it is many short races one after the other.”
Covid-19
Reëls en Regulasies
Laerskool Mikro volg die Nasionale Covid-19 beleid. As deel van die skool se uitgebreide veiligheidsbeleid is ‘n addendum opgestel om Covid-19 te beveg.
Elke leerder het ook ‘n addendum tot die gedragskode ontvang ten opsigte van protokol wat streng gevolg moet word.
POPIA-Wetgewing Beleid & Webtuiste Privaatheidsbeleid
Visie
Laerskool Mikro inspireer:
- hardwerkende,
- skeppende en gebalanseerde individue.
Missie
Laerskool Mikro streef om die kind:
- doelgerig en optimaal,
- gebaseer op gesonde waardes,
- deur verantwoordbare, demokratiese, deelhouerinspraak en bestuur, in totaliteit te onderrig en op te voed tot ‘n gebalanseerde en gelukkige individu.
Waardes
M | Mededeelsaamheid |
I | Integriteit |
K | Kreatiwiteit |
R | Respek |
O | Omgee |
Lewe by Laerskool Mikro
Laerskool Mikro is ‘n familie skool waar ouers en opvoeders ‘n omgewing skep sodat elke kind nog kind kan wees. Deur middel van moedertaalonderrig vorm ons ‘n gebalanseerde kind vir die toekoms en bemagtig leerders met ons waardes; mededeelsaamheid, integriteit, respek en omgee. Ons leuse, Werk en Skep, word uitgeleef deur multimedia en tegnologiese onderrigstrategieë wat gebruik word om leerders se kreatiwiteit te prikkel.
Mikro is meer as net ‘n skool, dis ‘n leefstyl.
Ons internet word geborg deur


