Dit is ‘n voorreg om skoolhoof van Laerskool Mikro te wees. Hierdie waardegedrewe skool bied aan leerders en personeel ‘n veilige omgewing waarin hulle kan groei en ontwikkel. Ons stel in elke persoon belang en dit skep ‘n gesonde familiegevoel. Ons vier elkeen se suksesse en belê in karakterbou. Hierdie webtuiste bied vir u ‘n oorsig van Laerskool Mikro se manier van doen. Verken dit gerus!

Visie

Laerskool Mikro inspireer:

  • hardwerkende,
  • skeppende en gebalanseerde individue.

Missie

Laerskool Mikro streef om die kind:

  • doelgerig en optimaal,
  • gebaseer op gesonde waardes,
  • deur verantwoordbare, demokratiese, deelhouerinspraak en bestuur, in totaliteit te onderrig en op te voed tot ‘n gebalanseerde en gelukkige individu.

Waardes | Values

M Mededeelsaamheid  |  Sharing
I Integriteit  |  Integrity
K Kreatiwiteit  |  Creativity
R Respek  |  Respect
O Omgee  |  Caring

Lewe by Laerskool Mikro

Laerskool Mikro is ‘n familie skool waar ouers en opvoeders ‘n omgewing skep sodat elke kind nog kind kan wees. Deur middel van moedertaalonderrig vorm ons ‘n gebalanseerde kind vir die toekoms en bemagtig leerders met ons waardes; mededeelsaamheid, integriteit, respek en omgee. Ons leuse, Werk en Skep, word uitgeleef deur multimedia en tegnologiese onderrigstrategieë wat gebruik word om leerders se kreatiwiteit te prikkel.
Mikro is meer as net ‘n skool, dis ‘n leefstyl.

Ons internet word geborg deur

coolideas-logo
vuma-logo-1024x536

Mikro

Christoffel Hermanus Kühn

Die skoolgemeenskap het die skool vernoem na C.H. Kühn, in lewe ‘n inwoner van Kuilsrivier, die skoolhoof van Hoërskool Kuilsrivier (tans Hoërskool De Kuilen) en ‘n bekende skrywer van meer as 100 jeugverhale onder die skuilnaam MIKRO. Die versameling boeke wat uit sy pen verskyn het, word in die “Mikrokas” by die skool bewaar.