Akademie
“The best educated human being is the one who understands the most about the life in which he is placed.”
Helen Keller
By Laerskool Mikro poog ons om elke leerder maksimaal te ontwikkel. Enkele leerders het soms ‘n ekstra bietjie akademiese en emosionele ondersteuning nodig. Dis hier waar die LSEN-intervensieprogram van onskatbare waarde is om die leerders weer selfvertroue en selfwaarde te leer deur middel van ‘n akademiese intervensieprogram om skolastiese agterstande in te haal.
Leerders met akademiese agterstande in Wiskunde en Huistaalonderrig word gedurende skoolure in klein groepies uit die klasse onttrek en van die nodige vaardighede voorsien om die akademiese mas in die groter groep, volgens hul eie vermoëns, op te kom. Die individuele aandag is van kardinale belang om vinnig te assesseer en te evalueer waar skolastiese agterstande voorkom. Hulpverlening vind dan dadelik plaas in oorleg met die klasopvoeder.
Laerskool Mikro se ondersteunigsdienste bestaan uit ‘n multi-dissiplinêre span van kundige rolspelers wat die skool gereeld besoek en die volgende terapeute insluit:
| SGOS: | Mnr Mouton en rolspelers |
| Maatskaplike werker: | Mev Leana Sutherland |
| LSEN-opvoeders: | Mev Ansie Swanepoel (Gr R-3) Mev Alida Nell (Gr 4-7) |
| Remediërende | |
| Onderwys: | (Privaat – Mev Marina Erasmus) |
| Arbeidsterapie: | (Privaat terapeute) |
| Spraakterapie: | (Privaat terapeute) |
| Mediese dokter (WKOD): | Dr Lawrence |
| Sielkundige (WKOD): | Mnr Timothy Cornelissen |
| WKOD | |
| Inklusiewe onderwys: | Spesialis terapeute, soos aangewys deur die Departement van Onderwys van die Wes-Kaap |