Olimpiades

Akademie

Olimpiades en vasvrae kompetisies (Gr. 4 tot 7)

Ons skep verskeie geleenthede vir ons graad 4- tot 7-leerders om deel te neem aan olimpiades en vasvrae kompetisies. Ons moedig ook almal aan om in te skryf en om gebruik te maak van die geleenthede. Ons neem elke jaar deel aan die Wêreldkennis Olimpiade, SA Wiskunde Uitdaging (ook bekend as AMESA) en die Conquesta Olimpiade. Leerders word blootgestel aan algemene kennis toetse, wat deur die bekende David van Lill, opgestel word. Uitblinkers word ses-maandeliks beloon. Mikro spog met talle prestasies op hierdie gebied.