Buitemuurs
Die LWO spruit direk uit die idee van die ouers wat omgee. Die LWO-leiers bestaan uit gr.5-, 6- en 7-leerders. Die LWO-leiers dra `n helderkleurige kenteken sodat hulle maklik op die skoolgronde sigbaar is.
Take waarop die LWO fokus:
Die LWO speel `n baie belangrike rol by die skool deurdat hulle voorbeeldig hul waardes en mooi karakter te alle tye moet uitleef. Dis `n groeigeleentheid vir elke kind wat betrokke raak.
“Omgee is `n geskenk wat niemand kan koop. Dit is gemaak van liefde uit wortels in jou hart en mooi herinneringe nalaat…. nie net vir `n oomblik nie maar vir altyd”
MikroMik is ‘n buitemuurse aktiwiteit en word aangebied vir die graad 6- en 7-leerders van Mikro.
Aan die begin van die jaar word die graad 6- en 7-leerders bekend gestel aan MikroMik en hulle kan self besluit of hulle deel wil wees of nie. As ‘n leerder belangstel, moet hy of sy ‘n portefeulje opstel van foto’s (meer inligting van die portefeulje word deurgegee aan die leerder). Die betrokke onderwysers by MikroMik gaan deur elke leerder se portefeulje om hoof fotograwe te identifiseer. Die doel van die hoof fotograwe is om by sport byeenkomste en skool funksies foto’s te neem vir die skool.