Ons Skool
Elke jaar kies Laerskool Mikro leerderraadslede uit ons graad 7-graadgroep. Die aantal dogters en aantal seuns wat op die leerderraad dien, word bepaal deur die verhouding seuns en dogters in die graad.
Alle leerders van die graad sowel as die personeel van Laerskool Mikro neem vrywillig aan dié stemproses deel.
Die leerderraadslede kies ook ‘n dagbestuur, wat vir die hele jaar dien. Hierdie dagbestuur bestaan uit ‘n hoofseun, ‘n hoofdogter, ‘n onderhoofseun en ‘n onderhoofdogter.
Die volgende vereistes is belangrik om as leerderraadslid by Laerskool Mikro te dien:
Die leerderraad word in subkomitees verdeel. Elke lid behoort aan ‘n subkomitee wat sekere pligte moet vervul onder leiding van een van die dagbestuurslede.
Ons leerderraad poog om elke kwartaal ‘n liefdadigheids-/omgewingsprojek te doen.