Akademie – Intermediêre Fase
Hier in graad ses gaan ons dinamies te werk om op ‘n leerdergesentreerde manier onafhanklikheid, goeie waardes en vaardighede by ons leerders te kweek. Elke leerder kry `n unieke kans om sy/haar persoonlikheid te ontwikkel en uit te leef. Die akademie is ons basis waarmee ons, ons vaardighede en kennis opskerp, terwyl ons genoeg tyd inruim vir hope pret, uitdagings en aktiwiteite. Met bogenoemde ontwikkel ons die leerders se leierskapsvaardighede terwyl ons fokus op die toekoms.
Tydens hierdie waardegedrewe jaar vorm ons mekaar sodat ons toegerus is om toegewyde, lewenslange leerders te wees. Ons bou aan ons trots en respek vir ons maats, opvoeders en ons skool deur altyd `n goeie voorbeeld te stel. ‘Werk en Skep’ word prakties hier uitgeleef, waar deelname en ‘n positiewe gesindheid hoog op prys gestel word.
Departementshoof: Kurrikulum / Graadhoof
Onderwyseres
Onderwyseres
Onderwyser
Posbus 53
Spruitstraat
Kuilsrivier
7580