Raak Betrokke

OWO-teksfoto

OWO (Ouers Wat Omgee)

Dit is ‘n groep ouers wat ‘n helpende hand uitreik na Mikro-maats en hul gesinne wat in finansiële nood verkeer.

Hoe word dit bedryf?

Jaarliks word daar uit die “Ouers wat Omgee” ‘n dagbestuur van 4 ouers aangewys wat in samewerking met die skool se Maatskaplike werker die geïdentifiseerde nood aanspreek en bestuur.

Elke jaar word daar ‘n fondsinsamelingsprojek gehou om fondse te genereer om ons leerders te ondersteun.

Die tweedehandse klerewinkel word ook deur die OWO bedryf om behoeftes rakende skool- en sportklere aan te speek en sodoende fondse in te samel.

Watter ondersteuning word gebied?

Pouse kospakkies word tans aan byna 20 leerders voorsien.

Spelterapie, arbeidsterapie, psigometriese toetse, dringende mediese hulp, tandheelkunde, medikasie of sanitêre middels word deurlopend benodig. 

Die OWO verskaf fondse  sodat leerders vinniger gehelp kan word.

Raak asb. betrokke.

Om betrokke te raak kontak asb. vir Esanne Horn (OWO Voorsitter)

Kos @ Mikro

Kos@Mikro bestaan uit `n komitee wat deur die ouers van die skool gedryf word. Hierdie komitee is verantwoordelik vir die oprigting van stalletjies en die verkoop van heerlike eetgoed tydens sportdae.

Die doelstelllings van Kos@Mikro is die volgende:

  • Om fondse in te samel wat aangewend kan word ter bevordering van die kultuur- en sportbedrywighede of projekte van die skool.
  • Om ‘n netwerk van betrokke ouers te skep.
  • Om skakeling tussen ouers en onderwysers te bevorder.
  • Om die C.H. Kühn-fonds te stu. Die C.H. Kühn-fonds help leerders wat nie vir toere of uitstappies kan betaal nie.
 

Werkwyse van Kos@Mikro.

  • ‘n Skakelonderwyser van Mikro dien as die koördineerder van hierdie komitee.
  • Ouers wat op die komitee dien, neem beheer van ‘n spesifieke stalletjie soos deur die komitee bepaal.
  • Onderwysers in diens van Laerskool Mikro – is die skakel tussen die skool en die ouers en help met die organisasie.
 

Kos@Mikro is beslis tot voordeel van elke kind in Laerskool Mikro en sorg vir `n feestelike atmosfeer tydens sportdae.

Alumni

Laerskool Mikro is besig om ons oudskoliere basis op te dateer.  Stuur gerus ‘n e-pos na info@laerskoolmikro.co.za om betrokke te raak.

Bekende openbare figure vanuit Mikro:

Tyler Lourens

SA Skole Binnenshuise Krieket

Charl Lombaard

S.A. Junior Tennisspan

Frikkie vand der Merwe

S.A. – Kleury Junior Jukskei

Charmaine van Schalkwyk

Springbokkleure: Judo

Wouter-Johan Whitmore

SA Junior Binnenshuise-krieket 2003

Graye Morkel

Springbokkleure: Judo

Gert Kroukamp

Springbokkleure: Stoei

Andries Bekker

S.A. – Kleure: O/21 Rugby 2003

Yolande van Onselen

Springbokkleure: Judo

Benita van Zyl (Nieuwoudt)

Springbokkleure: Netbal

Suzelle Bam (De Waal)

Springbokkleure: Veerpyltjies

Wiehan Lesch

Springbokkleure: Amateurstoei

Lisa Terblanche

S.A. Skyfskiet (SANSSU)

Chris-Mari Schreuder

Junor Protea: Skyfskiet 2013

Willem Erasmus

S.A. Judo 2011 & 2012

Jean-Marie Orton

S.A. Aksienetbal O/16 2015

Rone Carstens

S.A. Aksienetbal O/16 2015

Josh Strauss

Skotland Rugby Wereldbeker 2015

Luca Piekker

PAMA Global Wiskunde Kompetisie Amerika 2015

Marcel van der Merwe

Springbok Rugby 2014

Edwin Norris

S.A. Skole Binnenshuise Krieket

Juan Wilson

S.A. Skole Binnenshuise Krieket

Eugene Snyders

S.A. Skole Binnenshuise Krieket

Rudolf Visser

S.A. Junor Swemspan 2012

Jean-Paul Lewis

S.A. Rugby O/20 2013

Armond Nel

S.A. Atletiek (Stap) 2012