Redenaars

Buitemuurs

Natasha Marais

“Môre se leiers het goud in die mond.”
Redenaars by Laerskool Mikro is ‘n dinamiese komponent van Mikro se Kultuur.

Ons missie is om goeie taalgebruik onder leerders te bevorder. Ons skep ook die geleentheid om voor openbare gehore ‘n toespraak te lewer – voorwaar ‘n vaardigheid wat so ‘n leerder lewenslank sal baat.

Daar is ‘n verskeie kompetisies waar sosiale vaardighede geslyp word. Dit begin by die ATKV, daarna Oppie Tong Af, Podiumpret en Eisteddfod. Ons skryf gemiddeld 12-15 leerders per kompetisie in waar ons die afgelope paar jaar verskeie podiumplekke behaal het, waar leerders landswye blootstelling geniet. Met die aanbreek van 2020 het leerders ook die geleentheid ontvang om aanlyn deel te neem en nuwe vaardighede te ontwikkel.

Om ’n oorredende, dog boeiende toespraak te kan lewer, is nie net ’n sleutelvaardigheid vir suksesvolle leiers nie, maar sluit ook baie deure in die professionele wêreld oop. Ons graad 3- tot 7-leerders ontwikkel ook op hierdie wyse hul selfvertroue en leierseienskappe.

Enige leerder wat lief is vir taal en wil leer hoe dit as instrument gebruik kan word, is welkom om aan te sluit. Hulle kry die kans om oor sake van aktuele belang na te dink, om logies te redeneer en om ingeligte menings oor sake van die dag te hê. Ons redenaars is trotse ambassadeurs van ons skool.