Ons Skool
Mikro se eerste vakansie-nasorg. Die Mikro-Makkers geniet elke oomblik!! ...
Dit is altyd lekker wanneer @storieskip kom kuier! Koejawel en sy trawante het die kinders (en onderwysers) laat skaterlag. ...
Hier by Mikro gee ons om! Baie dankie aan elke leerder wat ietsie vir ons koskas (projek Hannah) gebring het!
Projek Hannah - Guns en Genade. Ons nie-bederfbare produkte insamelingsprojek. ...
Die Leerderraad hou vandag hulself akteurs en help @elto_towers om ‘n bemarkingsvideo te skiet! Watter pret is dit nie! ...
Die Gr.5’e het die afgelope week plakkate gemaak om Jeugdag te vier.
Ons weet nou waaroor Jeugdag gaan en sal beslis daaraan dink wanneer ons hierdie vakansiedag vier! ...
Die leerderraad het die afgelope maand diereprodukte vir Bella’s Guardian Angels te Joostenbergvlakte ingesamel.
Baie dankie vir elke leerder wat koerantpapier, skoonmaakmiddels, komberse, ou speelgoed & kos gestuur het. #leerderraard2022
‘n Paar hondjies en katjies is vandag verskriklik dankbaar vir die skenkings! ...
Die Gr. R-tema van Insekte en Diere onder die grond, kom tot ‘n einde. Die kinders het hul gate uit geniet, terwyl die juffrouens vir elke oomblik gril! ...
Die Horizon-Wiskundekompetisie vir graad 5, 6 en 7-leerders word reeds sedert 2000 deur die Horizon Opvoedkundige Trust gereël. Die inskrywings is plaaslik, nasionaal en internasionaal! Die kompetisie se mikpunt was om meer as 100 000 leerders te bereik om saam die genot van Wiskunde te deel. Ons eie Fatih Boer (Graad 7) het vanjaar die Top100 gehaal en sit Laerskool Mikro se jaarlikse goeie prestasie in die kompetisie voort. Faith sal ’n toekenning ontvang by die prysuitdelingseremonie op Donderdag 9 Junie 2022 in die Baxter teater. Ons is baie trots op haar! ...
Ons het ons warm sjokolade en muffin oral in die skool geniet! ...
Vandag se lekkerte: Warm sjokolade en springmielies 🍿 ...
Maya Angelou het gesê : "Mens kan nie kreatiwiteit uitput nie. Hoe meer mens dit gebruik, hoe meer het jy.”
Die Graad 1's skep prente uit verskillende lyne - dis lekker om kreatief te wees!🎨 ...
Die leerders is vandag behoorlik met warm sjokolade en “doughnuts” bederf. 🍩 ...
Nadat die Graad 6’e vandag se toets voltooi het, het hulle skaak gespeel. Ware bewys dat ontspanning en stimulasie terselfdetyd kan plaasvind. ...
Die opvoeders/SBS van Mikro is opgewonde oor die naweek se SUMMIT - kongres te Stellenbosch. Dis 'n naweek van "Learn, Unlearn & Relearn" sodat daar weer met nuwe ywer in die skool teruggeploeg kan word. ...
Die graad 7's het vir oulaas gimnastiekoefeninge gedoen voordat die toetsreeks begin en dus is hulle gereed om selfs nóg hoër hoogste te bereik. ...
Posbus 53
Spruitstraat
Kuilsrivier
7580