Hokkie

Buitemuurs – Sport

Hokkie

Hokkie is een van ons wintersporte. Gr.1- tot 7-leerders neem jaarliks aan wedstryde deel. Ons O13A-seuns en -dogters neem jaarliks aan die Premierliga deel waar hulle dan teen die top skole in die Westelike Provinsie op Astro-gras meeding. Ons is baie trots op die feit dat ons die afgelope jare ‘n baie goeie rekord in hierdie toernooi opgebou het.