Buitemuurs – Sport
Gedurende die 1ste en 4de kwartale bied ons krieket aan. Laerskool Mikro bied al sedert 1996 elke jaar die KFC Mini-krieketdag aan. Mnr. Armandt Nortje is die mini-krieket sameroeper van skole in hierdie sone van die Westelike Provinsie en vergesel dikwels van die jonger spelers na Nuweland waar hulle dan as KFC baljoggies diens doen tydens T20 wedstryde.