Buitemuurs – Sport
Laerskool Mikro spog jaarliks met ‘n groot aantal WP-atlete. Sedert Laerskool Mikro se bestaan in 1972 het die skool al 137 provinsiale atlete opgelewer waarvan 18 in die laaste 3 seisoene is! Laerskool Mikro bied ook jaarliks, ononderbroke sedert 1986, `n Prestige Atletiekbyeenkoms aan. Ons is ook baie trots op ons oudleerder, Rocco van Rooyen, wat vir die 2021 Olimpiese Spele (Spiesgooi) in Japan gekwalifiseer het.