Koor

Buitemuurs

Carike Steenkamp

Laerskool Mikro se Junior en Senior koor was en is nog al die jare die trots van die skool.

Hierdie kore tree gereeld op. Van die gewildste optredes sluit in, die kooraande by laerskole Panorama, Brackenfell, Bastion, Hoërskool Bellville en die Hugo Lambrechts Musieksentrum.

Hulle gaan sing ook graag by die aftree-oorde in die dorp en so bring hulle vreugde vir die seniorburgers.

Die N.G. Kerk Kuilsrivier-Suid gemeente nooi jaarliks die kore om tydens ‘n spesiale Erediens daar te gaan optree. Die kore hou daarvan om aan kompetisies deel te neem en daarom skryf hulle jaarliks in vir bv. TIE (Tygerberg Internasionale Eisteddfod), Wes-Boland of Stellenbosch Eisteddfod en ook die ATKV-koorkompetisie.

Die kore het bekwame koorleidsters wat weekliks met hulle oefen só hierdie leerders se liefde vir koorsang kweek en ontwikkel.