Tennis / Balspele

Buitemuurs – Sport

Tennis / Balspele

Daar word vir graad 1- en 2-leerders balspele aangebied om die nodige vaardighede vir tennis te ontwikkel. In graad 3 word leerders aan mini-tennis bekend gestel (klein baan met ‘n laer tennisnet). Vanaf graad 4 tot 7 kan leerders mekaar uitdaag om vir die skool se o/11 en o/13 spanne te kwalifiseer. Tenniswedstryde word eers vanaf graad 4 gespeel.