Mirko Prettige Pet Pretloop

Die afgelope naweek was dit Mikro se prettige pet pretloop. Alhoewel dit gereën het, het dit ons nie gekeer om te gaan draf nie! Baie dankie aan elkeen wat deelgeneem het. ‘n Spesiale dankie aan Lifestyle Challenge wat gehelp het met die reël van die pretloop.

Mikro Jolyt

Op Vrydag, 3 Februarie 2023 het Laerskool Mikro hul leerders met ‘n heerlike pretdag vermaak. Die Mikro Jolyt het oorgeloop van opwinding met ‘n hindernisbaan, ‘Minute to win it’ speletjies en lekker boeresport. ‘n Groot hoogtepunt van die dag was die spookhuis. Terwyl die leerders aan die speletjies deelgeneem het, kon die ouers ‘n lekker […]

Leerderraad 2023

Vanoggend is die Leerderraad van 2023 tydens ‘n spesiale saalbyeenkoms bekendgemaak. Kaebre Brown en Janco du Plessis is as hoofseun en -dogter verkies en Lienka van Niekerk en Cornelius Truter is as onderhoofseun en -dogter verkies. Baie geluk aan hierdie seuns en dogters. Ons is baie trots op julle. Ons is saam met die leerders […]