Mikro Jolyt

Op Vrydag, 3 Februarie 2023 het Laerskool Mikro hul leerders met ‘n heerlike pretdag vermaak. Die Mikro Jolyt het oorgeloop van opwinding met ‘n hindernisbaan, ‘Minute to win it’ speletjies en lekker boeresport. ‘n Groot hoogtepunt van die dag was die spookhuis. Terwyl die leerders aan die speletjies deelgeneem het, kon die ouers ‘n lekker gesellige middag saam deurbring met ‘n besondere optrede deur Tyan Odendaal. Ons bedank graag ons borg, IPIC, vir ‘n onvergeetlike dag.