Gala-aand

Mikro het die 50ste feesjaar in styl afgeskop!

Vrydagaand, 15 Oktober 2021, is ‘n spoggerige gala-aand op die Zevenwacht-wynplaas gehou.
Die spesiale Fees-embleem is deur Mnr. Louis Mouton en me. Debbie Sdhäfer, provinsiale minister van onderwys, onthul. Wicus van der Merwe het die gaste laat skaterlag met sy kwinkslae en Die Broers het met hul op en wakker musiek gesorg dat die dansbaan propvol was.

Al die gaste het behóórlik feesgevier!