Ma-en dogteroggend

Op Saterdag, 6 Mei 2023 het die ma’s, ouma’s en dogters van Laerskool Mikro ‘n heerlike ma-en-dogter dag saam geniet.

Getooi in blomme en skakerings groen, het almal die liefdesband en verhouding tussen ‘n ma en haar dogter voluit gevier. Ons spesiale gasspreker, Elsabé Aldrich, het gesorg vir baie vermaak en vir ons weer geleer om uit ons maag uit te lag.

Baie dankie aan ons gasvrouens vir al die moeite met die tafelversierings en die onthaal van hul gaste. Ons bedank ook graag ons borge vir die wonderlike pryse wat hulle vir ons spesiale trekkings geskenk het.