Mauritius trekking

Die Mauritius-lootjies se trekking het tydens ons saalbyeenkoms plaasgevind. Griffie se onverwagte verskyning, het vir groot opwinding gesorg. Met sy kleurvolle uitrusting, het hy saam met die kinders in groot afwagting vir die uitslag gewag.

Leerders wat ‘n volledige boekie verkoop het, was deel van ‘n gelukkige trekking. Zoë Hoorn (Gr.5.1) het ‘n netbalbal gewen wat deur die Protea-netbalspan geteken is. Tiaan van Zyl (Gr.5.4) het ‘n rugbybal wat deur die Suid-Afrikaanse 7’s-span geteken is, gewen.

MJ Erasmus (Gr.4.1) was die gelukkige wenner van die Samsung Tablet A7. Hy het die meeste kaartjies verkoop en ook gesorg dat sy klas, graad 4.1, op ‘n heerlike uitstappie gaan.

Die wenner van die Mauritius vakansie is Meneer Bossie Boshoff, oupa van Emma Boshoff in graad 4.4, woonagtig in Langebaan. Ons wens hom hartlik geluk!

Baie dankie aan Carel Jordaan van BVA-ouditeure wat die trekking behartig het.