Sekretaressedag

Het julle enige idee wat ons sekretaresses alles doen?
Dis tikwerk, geld tel en selfs seerplekke beter soen

Sekretaresses is die hartklop van Mikro se bestaan
Hulle weet alles, van onnies se geheime tot elke stukkende kraan

Agter die skerms werk hulle stil stil elke liewe dag
Soms sal jy hulle aan die werk vind, selfs nog tot laat in die nag

Wat sal ons by Mikro tog sonder ons sekretaresses maak?
Ek is doodseker sonder hulle, sal die onderwysers sommer onmiddellik staak!

Vandag kry ons ‘n beurt om dankie te sê
Vir die voorreg om sekretaresses soos julle te mag hê.

Ons wens vir julle ‘n spesiale Sekretaressedag
Gevul met liefde, vreugde, seeninge en sommer net lekker lag!!!!

  • Geskryf deur Esanne Horn