STEM-Week

STEM, is die akroniem vir Wetenskap, Tegnologie, Ingenieurswese en Wiskunde. STEM-onderwysers is bekend daarvoor dat hulle ’n belangstelling in hierdie vakke aanwakker, want dit kry leerders meer betrokke by doen, eerder as om net te leer.Dit ontwikkel ons kinders in skeppers, denkers, probleemoplossers, doeners, innoveerders en uitvinders.

Vanaf 9 tot 13 Mei het ons, ons eie STEM- week gehou waar kinders die geleentheid gekry om ondersoekend tot hierdie vier velde te kan toetree.