Interhuis atletiek 2023

Die jaarlikse interhuis-atletiekbyeenkoms was ‘n groot sukses. Baie dankie aan al die ouers en onderwysers wat met al die reëlings gehelp het. ‘n Spesiale woord van dank gaan aan ons borg, Albert Weyers (oud-leerder) en Maziska Pieters van die Realtors Brackenfell & Kuils River. Dit was vir ons ‘n groot voorreg om die dag saam met julle te kon geniet. Meer foto’s sal volg.