Mikro Mark (6 tot 10 Junie 2022)

By Mikro is daar áltyd vreugde ná ‘n eksamenvraestel. Die leerders kon elke dag smul aan ‘n warm sjokoladedrankie én ‘n eetdingetjie. Só skep almal MOED vir die volgende leersessie.

STEM-Week

STEM, is die akroniem vir Wetenskap, Tegnologie, Ingenieurswese en Wiskunde. STEM-onderwysers is bekend daarvoor dat hulle ’n belangstelling in hierdie vakke aanwakker, want dit kry leerders meer betrokke by doen, eerder as om net te leer.Dit ontwikkel ons kinders in skeppers, denkers, probleemoplossers, doeners, innoveerders en uitvinders. Vanaf 9 tot 13 Mei het ons, ons […]